Verskeidenheid KNIP AKTIWITEITE vir kinders & BONUS video
R40.25
Resource Description
Nadat jou kind hierdie GRATIS Afrikaanse Opvoedkundige video gekyk het wat hand aan hand loop met ons hulpmiddels, gaan hy beslis weet hoe om te knip en hoe om ‘n skêr vas te hou.
As jou kind sukkel om ‘n skêr vas te hou, dan is hierdie video en hulpmiddels net vir jou. Die video begin met ‘n verduideliking: Hoe om jou skêr vas te hou en wat om eerste te knip vir oefening deur Juffrou Zuléka (Uit die pen van ‘n juffrou en mamma). Juffrou Zuléka het vir ons baie oulike idees gegee vir hierdie video. Die stappe van wat om eerste te knip word ook ingeoefen. Die kinders begin met klei slangetjies wat hulle dan knip en in ‘n patroon pak. Daarna knip die kinders papier stroke wat volg deur papier op te frommel in papier balle, dit weer oop te vou en verskeidenheid knip aktiwiteite daarmee uit te voer.