Tinus se vlieër – Afrikaans Kreatiwiteit
R57.50
Resource Description
Kreatiwiteit is die sleutel tot sukses, in amper alles wat ons doen. Om kreatiwiteit in kinders se koester is ‘n geskenk wat hulle sal by bly vir die
res van hulle lewens. Kreatiwiteit is nie net musiek of om mooi te kan teken nie. Dit is ook die beginpunt vir konsepte soos wiskunde en wetenskap.
Kreatiwiteit gee jou kind kans om hulle emosies uit te leef en help met jou kind se sosiale ontwikkeling.
Kreatiwiteit het verdere voordele byvoorbeeld:
* Bevorder geestesgesondheid
* Bevorder die vermoë om probleme op te los
* Bevorder die vermoë om veranderinge en mislukking te verwerk en
* Bevorder nuuskierigheid
Wat kan my kind leer:
1. Leer hoekom die wind waai.
2. Bevorder kreatiwiteit – maak jou eie vlieër.
3. Bevorder hand-oog koördinasie.
4. Fyn motoriese vaardighede.
5. Brei woordeskat uit.
6. Basiese vorms.
7. Storie geheue.
Wat is ingesluit:
1. Prettige storie met pragtige illustrasies.
2. Instruksies om die vlieër te maak.
3. Doolhof.
4. Verbind die kolletjies speletjie.
5. Vrae en kaarte oor die storie.