My tande se geheim – Afrikaans
R74.75
Resource Description
Die storieboek en aktiwiteite is geskik vir kinders van die ouderdom tussen 4 jaar en 6 jaar.
Dit kan ontstellend wees vir kinders om hulle tande te wissel. Ons kan ons kinders help deur vir hulle te verduidelik dat hulle tande gaan wissel, hoekom dit gebeur en dit pret te maak.
Wat kan my kind leer:
1. Tandheelkundige higiëne.
2. Die storie help om kinders voor te berei daarop dat hulle gaan tande wissel en dat hulle nie bang hoef te wees nie.
3. Uitbrei van woordeskat.
4. Bevordering van handvaardighede.
5. Geheue.
6. Oplettendheid.
Wat is ingesluit:
1. Vind die versteekte tande in die storie (10 tandjies om te soek).
2. Geïllustreerde storieboek.
3. Inkleurprente.
4. Tande wissel kaart.
5. Doolhof.
6. Verbind die lyne speletjie.
7. Pas die pare speletjie.
8. Gesonde en ongesonde kossoorte speletjie. (Kleur of swart en wit prente).
9. Ekstra idees om tande wissel pret te maak.