Lees Beter Ortografiese Kartering GRATIS
FREE
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Ortografiese katering is die PROSES betrokke by die vermoë om woorde onmiddellik en sonder om te klank te kan lees. Dit word beskryf as outomatiese woord-lees. Dit is dus die MEGANISME wat sigwoordeskat bou. Behalwe vir die herkenning van individuele letters, is lees nie ‘n visuele geheue proses nie.
Woorde kan verdeel word in hoë en lae frekwensie woorde. In die grondslagfase en veral in graad 1, fokus lees-onderrig op hoë frekwensie-woorde.
Hoë frekwensie woorde kan in 3 groepe verdeel word:
1 Foneties reëlmatig (soos bv kat)
graad 1, is die OE nog nie aangeleer nie)
soos ‘n /i/)
Hierdie dokument gee ‘n oorsig van hoe woorde in die verskillende groepe gekarteer moet word.
Daar is ook skakels na ‘n gratis program vir klankkaartjies asook 2 instruksie-videos op Spraakborrel se Youtube kanaal.
Sigwoordeskat word nie deur herhaalde flitskaart-oefeninge verwerf nie, maar deur herhaalde lees – klank vir klank. Indien jy meer inligting hieroor verlang, Google David Kilpatrick, Louisa Moats of Jan Hasbrouck en THE SCIENCE OF READING.