Hoe om kinders te help om vinniger te lees & BONUS VIDEO
R23.00
Resource Description
Hierdie Afrikaanse Opvoedkundige hulpmiddels en leesvideo, gaan jou kind help om vinniger te lees. Om weekliks te probeer om vinniger te lees en met begrip te lees is ‘n uitdaging vir die kinders. Om vir hulle sekere tegnieke aan te leer om dit aan te leer kan help. Leer hulle om korter woorde in hulle koppe te klank en dan die woord hardop te lees. Party kinders raak so gewoond aan hardop klank terwyl hulle eintlik die korter 3-letter woorde met gemak al kan lees. Dit verg oefening. Elke kind gaan die tegniek op sy eie tyd bemeester volgens sy eie vermoëns. Hierdie hulpmiddels en video help ook die kinders om te luister na ‘n aanvaarbare lees spoed. Daardie spoed is dalk nie vir al die kinders binne bereik op die stadium nie, maar dit is goed dat hulle soms hoor hoe dit klink en om daarna te strewe.