R69.58

Resource Description

Gr. 8 Geskiedenis – Kwartaal 4: DIE EERSTE WêRELDOORLOG

Met opsommings in PDF en Powerpoint.

Hierdie produk bevat Gr. 8 Geskiedenis Kwartaal 4 opsommings, in Powerpoint met pragtige leersame illustrasies plus addisionele PDF opsomming om UIT te druk. Die skyfievertonings is interessant en volg die kurrikulum.

Pragtige illustrasies om konsepte beter te verstaan, plus die logies uiteengesitte opsommings help baie met eksamenvoorbereiding. Hierdie produk het ook goeie resultate getoon vir leerders met ADHD, Outisme of ander leeruitdagings.

Onderwerpe ingesluit in opsommings:
EENHEID 4.1: Redes waarom die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het
EENHEID 4.2: Aspekte van ervarings gedurende die Eerste Wêreldoorlog
EENHEID 4.3: Veranderende rol van vroue in die werkplek in Brittanje tydens die 1ste Wêreldoorlog
Eenheid 4.4: Die nederlaag van Duitsland en die Verdrag van Versailles

Wat is ingesluit?
78 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng
17 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders

Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word.
Die materiaal in die Powerpoint is aangevul met voorbeelde om die belangrike konsepte duidelik te illustreer. Indien u die Powerpoint wil verkort, kan daardie bladsye net verwyder word.
Hierdie produk mag nie herverkoop word nie.

Onderwysers: Die Powerpoint is slegs vir aanbieding in klaskamers. Die PDF mag u uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of elektronies aanstuur, Indien u tuisstudie wil aanbeveel met die Powerpoint vir u studente, rig asb. ‘n versoek aan ouers om hierdie produk aan te koop.

Een produk per huishouding vir alle kinders in u eie huishouding.
Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take.

Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk.

Resource Reviews

Store reviews: ( 155 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.
Delete Confirmation
×

Always update your resources, rather than deleting and re-uploading a new one: If a resource is deleted from the system, those that have paid for the resource are no longer able to access their bought product.