Afrikaanse Lees program vir leesondersteuning – Klinkers/Vokale
R46.00
Resource Description
Hierdie les vorm deel van ons volledige Afrikaanse Lees program vir Graad 1/leesondersteuning. Elke les kan ook met groot sukses individueel aangebied word om ‘n spesifieke lees konsep in te skerp.
Hierdie les behandel die klinkers/vokale op ‘n interaktiewe, kreatiewe en effektiewe manier. Juffrou kan haar eie kreatiwiteit toepas, tydens die aanbieding van die les.
Al ons hulpmiddels is goed beplan, deurdat ons dit so ontwerp het om maklik te druk, te lamineer en te knip om oor en oor te kan gebruik.
Hierdie hulpmiddels ondersteun ons YOUTUBE videos. Die hulpmiddels help opvoeders om die videos interaktief en lewendig te maak.
Daar is plakkate, prent kaarte, klank kaarte (in verskillende groottes), woord kaarte en ‘n volledige beplanning vir les aanbieding ingesluit in hierdie pakket.