Afrikaans – Saamgestelde woorde
R115.00
Resource Description
Saamgestelde woorde (Dubbel woorde):
Hierdie is ‘n belangrike taal/ luistervaardigheid wat jou kind in staat stel om te leer abstraheer. Die kind leer om konkrete voorstelle van die woord op meervoudige
betekenisvlakke te kan toepas. Taalkreatiwiteit word hiermee bevorder, asook meervoudige woordbetekenisse bv. “toeskouer” = ‘n skouer wat toegemaak is met
klere; iemand wat kyk na ‘n sport wedstryd of konsert.
Werkswyse:
1. Sny die prente uit op die buitelyn en op die stippellyn tussenin.
2. Kies 5 – 8 kaarte uit groep 1.
3. Kies die pasmaats uit groep 2, maar moenie dat die kind dit dadelik sien nie.
4. Kies die antwoordkaarte wat daarby pas en sit die vir eers eenkant, prentkant na onder.
5. Pak prente van groep 1 onder mekaar uit.
6. Vat ‘n prent uit groep 2 en soek dan ‘n prent uit groep 1 wat daarby kan pas i.t.v. ‘n nuwe woord bv. woord uit groep 1 = tafel; woord uit groep 2 = doek. Nuwe woord is: tafeldoek.
7. Sit die antwoordkaart uit groep 3 daar by. (Prent van ‘n tafel met die tafeldoek daaroor.)
8. Leer die nuwe woorde wat onbekend is aan die kind. Painted Pony (Pty) Ltd