Resource Description

Die Taaltrekker werkboek-reeks is ontwerp vir Afrikaans  EAT in die Intermediere Fase. Hierdie reeks bestaan uit drie werkboeke per graad, en elke werkboek fokus op ‘n spesifieke tema wat alle aspekte van taalleer bevorder. Die werkboeke bevat ‘n gebalanseerde kombinasie van woordeskat, begripstoetse, luisteroefeninge, leesstukke, skryfopdragte en projekte, taalstrukture en konvensies, asook prettige werkkaarte. Hierdie benadering bied leerders die geleentheid om hul taalvaardighede te verbeter en in te oefen.

 Die temas wat behandel word, is nie net relevant nie, maar ook interessant, en fokus op leerders se daaglikse omgewing. Dit beteken dat die inhoud prakties en betekenisvol is, wat dit vir leerders makliker maak om te betrokke te raak en die taal te gebruik. Aan die einde van Graad 6 het leerders dus nege temas in diepte behandel, wat ‘n omvattende basis vir hul Afrikaanse taalontwikkeling skep.

 Die werkboeke neem alle kulture in Suid-Afrika in ag, en alle begripstoetse, leesstukke en projekte bevat ‘n rubriek om ‘n duidelike beoordeling te verseker. Moeilike grammatikale reëls word in Engels verduidelik, wat ouers ook in staat stel om aktief by die leerproses betrokke te wees en hul kinders te ondersteun.

 Die Taaltrekker werkboekreeks bied dus nie net ‘n veelsydige benadering tot die aanleer van Afrikaans nie, maar ook die nodige ondersteuning om leerders se taalvaardighede te versterk en hul selfvertroue in die gebruik van die taal te bou.

 

R80.50

Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.
Delete Confirmation
×

Always update your resources, rather than deleting and re-uploading a new one: If a resource is deleted from the system, those that have paid for the resource are no longer able to access their bought product.