AFRIKAANS – Enkelklanke – MP3 ALFABETLIEDJIES & GIDS – Pretletters met musiek
R170.20
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Dit is so belangrik, dat leerdertjies se eerste kennismaking met letters en klanke ’n pret ervaring moet wees, om hulle sodoende positief in te stel rondom lees. Daar is 26 alfabetliedjies. Die MP3 Audio – alfabetliedjies, is aflaaibaar en kan met sagteware & rekenaarvaardigheid oorgelaai word op ‘n CD.
Die GIDS het al die liedjies se woorde en lesbeplanning vir elke letter van die alfabet. In die GIDS is daar ook oulike idees hoe om die sintuie te gebruik om die lessie meer pret te maak.
GIDS: Voorbeeld van ‘n les (B vir borrels).
Liedjie:
Ons blaas borrels.x2
Dit is pret.x2
B-b-b vir borrels.
Bennie beer blaas borrels. Dit is pret.x2
LESBEPLANNING:
Opvoeder neem leerders na buite en blaas borrels. Die liedjie word aangeleer terwyl die opvoeder vir die leerders die prent wys van Bennie beer wat borrels blaas. Hul vorm met hul linkerhande die letter “b” wanneer hul sing: “Dit is pret.”
PRET:
Fantasie spel: ‘n B partytjie vir Bennie beer met blou balonne en blaasborrels.
SINTUIE:
Tassintuig aktiwiteite: Doen die letter in die inkleurboeke met blou en bruin vingerverf. Die letter kan ook met speelklei gevorm word.
- This richly filled, FUN-to-use BILINGUAL Phonics Program is also available in English: FUN LETTERS WITH MUSIC