Graad 1 voorbereiding hulpmiddels
Graad 1 is ‘n opwindende tyd in ‘n kind se skoolopleiding en ‘n belangrike tyd in hul ontwikkeling. Dis wanneer kinders aan die wonderlike wêreld van geletterdheid bekendgestel word! Hulle leer om te lees en om meer onafhanklik te word.
Aangesien kleintjies so gretig is om nuwe dinge te verken en te leer, is dit ‘n goeie tyd om hulle voor te berei vir ‘groot skool’. Hierdie versameling van Graad 1-voorbereidingsmiddels bevat materiaal vir alle vakke om seker te maak dat u kinders binne ‘n japtrap gereed is vir skool. Wys hulle vroegtydig dat leer hope pret kan wees!
Ons het ook Engelse hulpbronne om jou te help om jou kinders vir sukses voor te berei!
Geletterdheid
Graad R Letters en natrek aktiwiteitsboekie (kwartaal 4)
Description
Graad R se letters en natrek aktiwiteitsboekie is nou beskikbaar vir kwartaal 4. Dit dek die volgende klanke - i, j, q, f, h, k, z, x. Die boekies is opgestel volgens die CAPS dokumente. Die boekies werk die beste as dit gebruik word saam met my lesplanne - ook beskikbaar op Teacha!
Wiskunde
Graad R Wiskunde en Lewensvaardigheids aktiwiteitsboekie (kwartaal 4)
Description
Graad R se wiskunde en lewensvaardigheids aktiwiteitsboekie is nou beskikbaar vir kwartaal 4. Dit dek die volgende getalle - 8, 9 en 10. Dit het ook verskillende verf, teken, collage, inkleur ens. aktiwiteite beskikbaar. Die boekies is opgestel volgens die CAPS dokumente. Die boekies werk die beste as dit gebruik word saam met my lesplanne - ook beskikbaar op Teacha!
Skoolgereedheid: Voorskoolse wiskundepakket
Description
Multi-sensoriese aktiwiteite, speletjies en werksvelle om vorms en getalle by voorskoolse kinders vas te lê ter voorbereiding vir formele wiskunde-onderrig in Graad 1. Saamgestel deur 'n arbeidsterapeut. Geskik vir Graad RR en Graad R. Die pakket bestaan uit: - Vorms knypkaarte - Vorms formasie - Klei syfers en getalle - Getalle knypkaarte - Syfervorming Lianie Du Toit