Afrikaans Rym Identifikasie aktiwiteit Graad R -3 Ysbeer-Rym
12 woordpare
Die kind moet besluit of die pare rym of nie
Inkleurwerk as bonus
R24.15
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
DOEL
Hierdie rym –aktiwiteit vereis van die kind om rymwoorde te IDENTIFISEER.
MATERIAAL INGESLUIT
6 kaartjies met rympare (genommer 1,4,7,8,2,10)
6 kaartjies met woorde wat NIE rym nie (genommer 5,6,9,3,11,12)
Antwoordblad
Antwoordblad met antwoorde
MAAK SO
Hierdie aktiwiteit kan in terapie-sessies met 1 of meer kinders gebruik word. Elke kind ontvang ‘n antwoordblad waarop hy moet aandui of die prentpaar rym of nie. Hierdie antwoordblad kan gelamineer word/ in ‘n plastieksakkie gesit word vir hergebruik. Die kind kleur dan die in as die woorde rym en as dit nie rym nie. Wanneer die kind individueel gesien word, kan hy ook ‘n rympie met die 2 woorde probeer maak – bv “Die muis is in die huis”
Onderwysers kan hierdie aktiwiteit gebruik wanneer intervensie in Gr1-3 nodig is. In Graad R kan dit as ‘n tafelaktiwiteit uitgepak word. Die klas roteer dus tussen stasies en hierdie kan dan 1 van die stasies wees.
Ek hoop julle en die kinders geniet hierdie yskoue rymaktiwiteit!