Optel en Aftrek van breuke PowerPoint (Slideshow)
R69.00
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Hierdie PowerPoint skyfievertoning verduidelik kortliks, maar ook baie deeglik, watter stappe leerders moet volg met optel en aftrek van breuke. Animasies is ingesluit om elke stap stelselmatig voor te stel.
Ingesluit : Optel en aftrek met gelyksoortige breuke, ongelyksoortige breuke en gemengde breuke.
Leerders word ook in hierdie PowerPoint verduidelik hoe om ‘n KGV te vind vir ongelyksoortige breuke asook hoe om breuke te vereenvoudig met ‘n GGD.
‘n “Clicker” of selfs net die sleutelbord se spasiebalk kan gebruik word om alle animasies en transformasies te aktiveer ten tye van die skyfievertoning. Geen klankbaan is ingevoeg nie, die skyfies gee genoeg inligting deur aan die fasiliteerder.
Die PDF-formaat van die PowerPoint word ingesluit sodat uitdrukke van die skyfies ook gemaak kan word.
Daar gaan baie ure in die voorbereiding van ‘n PowerPoint-aanbieding in, daarom vertrou ek dat u nie die PowerPoint sal herverkoop of met ander sal deel nadat u dit aangekoop het nie. Integriteit is aan die orde van die dag.
Groete,
Jurene Kemp