Afrikaans EAT Letterkunde projek vir graad 7/8
R57.50
Resource Description
Afrikaans EAT: Letterkunde projek vir kwartaal 3 (navorsing, skryf en mondeling). Kom ons doen die riel: Volkpoësie (Lirieke en stories wat met dans gekombineer word). Assesseringstaak kan gebruik word vir graad 7 tot 9. Vergeet van “verbeeldinglose” Afrikaans, kom ontdek saam die trekpleister en gom van verskillende Afrika kulture se stories saamgeweef in die riel. Hierdie assessering is interessant, leerder en onderwyser vriendelik, en beloof prettige oomblikke in die uitvoer daarvan. Kry leerders passievol oor Afrikaanse letterkunde en skryfwerk. Kom skop stof op, maak jou litte los en doen die volstruis vastrap. Assessering sluit memorandum, rubrieke en navorsingsbronne in. Laat leerders speel met woorde, reëls, strofes, temas, agtergrond, karakters, gevoelstaal, rym, uitbeeldings, idomatiese taalgebruik, ritme en spreekuitspraak en vergelykings. Ontdek letterkunde op ‘n ander vlak, waar digkuns, stories, volkverhale en lirieke mekaar omhels. Kô Laat ons Riel!
WORD AND PDF FILES