Resource Description
Hierdie produk bevat al die werk vir kwartaal 1-4 vir Lewensoriëntering, Graad 11 en Opsommings is gebaseer op die “Via-Afrika” Handboek in Afrikaans met gekombineerde & aanvullende bywerkings/notas/opsommings uit “Verken Lewensoriëntering” Graad 10 & 11 en vorige DBE vraestelle. Bevat ook addisionele notas deur opsteller (eksterne party).
Ontwikkeling van die self in die samelewing:
Eenheid 1: Beplan en bereik lewensdoelwitte: Pas lewensvaardighede toe as bewys van ‘n vermoë
Eenheid 2: Verhoudings en hul invloed op jou welstand
Eenheid 3: Gesonde en gebalanseerde lewenstylkeuses
Eenheid 4: Faktore wat ‘n negatiewe impak het op lewenstylkeuses
Eenheid 5: Faktore wat ‘n positiewe impak het op lewenstylkeuses
Eenheid 6: Die impak van onveilige praktyke op die self en ander
Eenheid 7: Individuele verantwoordelikheid vir keuses en die neem van ingeligte besluite
Eenheid 8: Die rol van voeding in gesondheid en liggaamlike aktiwiteite
Eenheid 9: Geslagsrolle en hul uitwerking op gesondheid en welstand
Eenheid 10: Negatiewe uitwerking op gesondheid en welstand
Eenheid 11: Stel die ongelyke magsverhoudinge en ongelykheid tussen geslagte reg
Loopbane en Loopbaankeuses:
Eenheid 1: Vereistes vir toelating tot addisionele en hoëronderwyskursusse
Eenheid 2: Opsies vir finansiële bystand
Eenheid 3: Vaardighede, vermoëns en etiek wat jou sal help om ‘n werk te kry en ‘n loopbaan te ontwikkel
Eenheid 4: Persoonlike verwagtinge oor beroepe en loopbane
Eenheid 5: Kennis van die self in verhouding tot die vereistes van die wêreld van werk en sosio- ekonomiese toestand
Demokrasie en Menseregte:
Eenheid 1: Beginsels, prosesse en prosedures vir demokratiese deelname
Eenheid 2: Demokratiese strukture
Eenheid 3: Die rol van sport in nasiebou: deelnemer- en toeskouergedrag in sport
Eenheid 4: Bydrae van verskillende gelowe en geloofstelsels tot ‘n harmonieuse gemeenskap en jou geloofstelsel
Eenheid 5: Identifiseer en analiseer morele en spirituele kwessies en dilemmas krities
Studievaardighede:
Eenheid 1: Pas studievaardighede,-style en-strategieë toe
Eenheid 2: Eksamenskryfvaardighede en assesseringsproses
Eenheid 3: Tydsbestuursvaardighede en studiejaarplan
Eenheid 4: Doelwitstellingsvaardighede: Persoonlike ontwikkelingsdoelwitte
Maatskaplike en Omgewingsverantwoordelikheid:
Eenheid 1: Omgewingskwessies wat swak gesondheid veroorsaak
Eenheid 2: Klimaatsverandering
Eenheid 3: Deelname aan ‘n gemeenskapsdiens wat aktuele omgewingskwessies aanspreek