Afrikaanse Klanke – Alfabetiese volgorde & Fonetiese Klankleer
R46.00
Resource Description
Hierdie pakket is propvol Afrikaanse klanke. Kinders gaan leer hoe om die alfabet klanke in alfabetiese volgorde te plaas en hulle gaan ook leer hoe om die klanke foneties uit te spreek, sodat woordbou en uiteindelik lees BAIE makliker kan word.
Al die Afrikaanse klanke word behandel nl. die dubbelklanke, tweeklanke en driekklanke. Van die tweeklanke en al die drieklanke is diftonge. Al die hulpmiddels loop hand aan hand met video’s om dit vir die kinders visueel te maak.
Juffrou kan die video’s enige tyd stop en die hulpmiddels gebruik om die konsepte vas te lê. Die hele Alfabet is beskikbaar in drukbare klank kaarte, sowel as al die Afrikaanse klanke. Jou kind gaan verseker die Afrikaanse klanke en Alfabetiese volgorde ken nadat julle hierdie pakket deurgewerk het. Onthou, juffrou of mamma kan hulle eie kreatiwiteit toepas op enige van ons pakkette, afhangende van die samestelling van die kinders in jou klas of tuis.