R101.20

Resource Description

Natuurwetenskap Graad 7 Kwartaal 3 Praktiese taak. (Isolering en energiebesparing)

Volledige taak wat leerders in die klas kan uitvoer. Leerders sal moet navorsing doen om die taak uit te kan voer. Die Praktiese taak is opgestel volgens CAPS asook die aangepaste ATP.

Taak word deur middel van ‘n rubriek gemerk.

Resource Reviews

Store reviews: ( 4 ratings )

Geen info oor taak

Dit is baie swak. Gee jou GEEN idee hoe om die taak te maak nie. Dis net opsomming hoe punte verkry word. Hoop regtig nie Science Owl bly op Teacha nie, dis baie geld om te mors vir 'n vraestel. Niks idees word gegee hoe om huis te bou ens. nie.

Brenda Steenekamp - August 15, 2024

Goeiedag Brenda Ek is jammer jy voel jy geld gemors met die aankoop van die taak. My take, toetse ens. het almal maar 'n standaard prys. Die doel van die taak is dat leerders moet gaan navorsing doen oor hoe om die isolering en energiebesparing metodes in en om die huis toe te pas. Paar wenke wat ek vir jou kan gee: 1) Bou jou eie huis van 30 cm x 30 cm – die huis kan enige grootte wees, hierdie is maar net ’n raamwerk. 2) Maak gebruik van verskillende tipes materiaal om die volgende te demonstreer: a) Elektrisiteitsbesparing: Maak gebruik van verskillende metodes en aanpassings in jou huis om te illustreer hoe jy elektrisiteit kan bespaar. (Bv. ligte wat self afskakel ens.) (5) – dit hoef nie fisies te werk nie, leerders moet net kan aandui dat hulle metodes in hulle huis het hoe om elektrisiteit te bespaar. Soos tydskakelaar op ligte, geiserkombers oor geiser ens. Enige 5 voorbeelde. b)Son-energie: Illustreer hoe son-energie die elektrisiteitslas in jou huis kan verlig of selfs vervang. (5) – hier kan leerders illustreer hoe hulle sonenergie gebruik in die huis, deur sonpanele, sonstoof, wasgoed wat op die draad droog word enige 5 voorbeelde c) Windenergie: Illustreer hoe son-energie die elektrisiteitslading in jou huis kan verlig of self vervang. (5) hier kan leerders illustreer hoe hulle windenergie gebruik in die huis, soos gebruik te maak van ’n windpomp om water te pomp of wasgoed wat op die draad droog word enige 5 voorbeelde d) Geleiers: Demonstreer hoe die aanwending van goeie geleiers bydra tot energiebesparing. (5) – Enige 5 voorbeelde van goeie geleiers in die huis, soos bv. Gebruik metaal potte om kos meer te kook, sit foelie oor kos in die oond ens. e) Isoleerders: Demonstreer hoe die aanwending van goeie isoleerders bydra tot energie besparing. (5) – Enige 5 voorbeelde, soos bv. Gebruik komberse, geiser kombers, isolasie materiaal in die dak ens. Ek hoop hierdie kan jou help met die uitvoering van die taak. Die beste is indien leerders huis bou sodat mens sy aansig of bo-aansig van die huis kan sien, die huis hoef nie noodwendig heeltemal toe gebou te wees nie.

Leandrie Jansen van Vuuren - November 30, -0001

Delete Confirmation
×

Always update your resources, rather than deleting and re-uploading a new one: If a resource is deleted from the system, those that have paid for the resource are no longer able to access their bought product.