Sinskonstruksie: Verander die sin na die verledetydsvorm en die toekomendetydsvorm – Phineas en Ferb
R63.25
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Plaas twee plekhouers (bv. skuifspelde/munte) op die bordspeletjie.
Plaas die kaartjies gesig na onder op die tafel.
Elke speler kry ‘n beurt om ‘n kaartjie op te tel voordat hy/sy die dobbelsteen rol. Mamma lees die sin op die kaartjie en vra dan wat het hy/hulle gedoen en wat gaan hy/hulle doen. Bv. Mamma: “Phineas sing ‘n liedjie. Wat het hy gedoen?” Kind: “Phineas het ‘n liedjie gesing.” Mamma: “Wat gaan hy doen?” Kind: “Hy gaan ‘n liedjie sing.” Gee die leerder geleentheid om te antwoord. Indien die leerder se sinskonstruksie inkorrek is, herhaal die sin korrek terug vir hom/haar. Motiveer lang, volledige sinne.
Nou kan u kind die dobbelsteen rol en sy/haar plekhouer skuif.
Baie pret vir die hele gesin!