Monster in die kas – Afrikaans groot en klein
Resource Description
Om vir kinders die verskil te leer tussen groot en klein is die fondasie voordat ander beginsels aangeleer word. Byvoorbeeld teenoorgesteldes soos warm en koud. Dis ook die beginpunt om ons kinders wiskundige konsepte te leer.
Die storieboek is geskik vir kinders tussen die ouderdom van 3 en 5 jaar oud.
Wat is ingesluit:
1. ‘n Prettige storieboek.
2. Speletjie om groot en klein vas te lê.
3. Speletjie om groot, medium en klein vas te lê.
* Kaarte om uit te sny vir bogenoemde speletjies in kleur of swart en wit.
4. Aktiwiteit om die beginsel van groot na klein, vas te lê.
5. Speelmat en instruksies om die speletjie te speel.
6. Wenke om vrese in kinders te hanteer.
Wat kan my kind leer:
1. Groot en klein.
2. Groot, medium en klein.
3. Fyn motoriese vaardighede.
4. Skêr vaardighede.
5. Uitbrei van woordeskat.
6. Leer tel deur die bord speletjie te speel.
7. Blootstelling aan onbekende situasies.
R74.75