LEESHULPMIDDELS – Analise en Sintese (woorde en sinne)
R51.75
Resource Description
Analise beteken “afbreek” en Sintese beteken “saam” voeg. Hierdie 2 konsepte is ongelooflik belangrik vir lees. Kinders moet eerstens hulle klanke baie goed ken, sodat hulle woorde kan klank en daardie klanke kan “saam” voeg (Sintese) en ook die woorde “afbreek” (Analise). Kinders moet weet uit watter klanke ‘n woord bestaan. Woorde word sinne. Kinders moet woorde individueel kan erken in ‘n sin wanneer hulle ‘n sin “afbreek” (Analise) en ook al die woorde in ‘n sin kan “saam” voeg (Sintese) om die sin flot te lees en met begrip te lees. Hierdie GRATIS Afrikaanse Opvoedkundige video met TALLE hulpmiddels verduidelik vir kinders wat is Analise en Sintese in detail. Daar is verskeie visuele (Sien) asook Ouditiewe (Luister) oefeninge in hierdie video vir die kinders. Die konsep Visueel en Ouditief word ook mooi verduidelik.