Hoe om boeke te behandel en BONUS video
R17.25
Resource Description
Hierdie Afrikaanse Opvoedkundige hulpmiddels en BONUS kindervideo, verduidelik vir die kinders hoe belangrik dit is om boeke mooi te behandel. Die kinders leer ook ‘n kort rympie aan. Juffrou kan lekker gesels oor die verskillende tipe boeke wat ons kry en ook voorbeelde byderhand hou om vir die kinders te wys en ook te wys hoe om elke boek te hanteer. Die woord karakters word ook behandel. Wat is karakters in ‘n storie? Die kinders kry die geleentheid om vir ‘n dag ‘n koning of koningin te wees met ‘n pragtige kroon op die kop. Juffrou kan ‘n verskeidenheid boeke beskikbaar stel vir die kinders op hulle vlak en dan kan daar net lekker gelees word om liefde vir lees en boeke vas te lê.