Afrikaans – Bettie die pienk Seekoei – kleure en vorms
R92.00
Resource Description
Die storieboek en aktiwiteite is geskik vir kinders tussen die ouderdomme van 3 – 5 jaar oud.
Herkenning van vorms en kleure is ‘n belangrike stap in die kognitiewe ontwikkeling van kinders. Dit leer kinders duidelike kommunikasie deurdat
hulle leer om te dink oor ‘n voorwerp se eienskappe.
Aktiwiteite ingesluit:
1. Pas die kleure bymekaar.
– Kaarte om uit te sny ingesluit.
2. Verbind die kleure speletjie.
3. Kleur en vorm Bingo.
– Kaarte ingesluit.
4. Verf aktiwiteite:
a. Verf die kolle (individuele of klaskamer aktiwiteit)
b. Leer wat gebeur as kleure meng (Inleiding tot nuwe kleure).
c. Vingerverf en sensoriese aktiwiteit.
– Prentjie om te verf ingesluit.
Wat kan my kind leer:
1. Fyn motoriese vaardighede.
2. Sensoriese ervaring.
3. Leer en identifiseer die basiese vorms.
4. Leer en identifiseer die 5 primêre kleure.
5. Uitbrei van woordeskat.
6. Leer interessante feite oor die diere in die storie.
7. Lewenslessie.