R80.50

Resource Description

Nuwe Powerpoints 2024 volgens die Nuwe DBE handboeke!

Beskikbaar in Afrikaans of Engels vir Graad 10 , 11 en 12.

Die vak, Besigheidstudie, handel oor kennis, vaardighede, gesindheid, bydraes en waardes wat krities is

vir ingeligde, produktiewe, etiese en verantwoordelike deelname in die formele- en informele ekonomiese

sektore. Die vak sluit besigheidsbeginsels, teorieë en praktyk in wat ontwikkeling van entrepreneurs-inisiatiewe,

volhoubare ondernemings en ekonomiese groei onderskryf

Hierdie hulpbron sal ‘n help as Onderwyser/ Tutor om ‘n goeie inleiding vir studente tot enige Besigheidstudie as vak te wees, aangesien dit studente aanmoedig om te dink en te bespreek watter vaardighede nodig is om ‘n besigheid te begin en waarom iemand dalk besluit om hul eie besigheid op te rig.

Ingesluit by hierdie les is daar ‘n powerpoint, daar is werkkaarte en ‘n skakel na ‘n QR Kodes wat die leerders op hul vrye tyd kan gaan na lees of meer navorsing doen.

Alle leerders doelwitte volgens die JOP (jaarlikse Onderrigplan) is gedek.

Die doel van Besigheidstudies

Besigheidstudies verseker dat leerders:

• Verkry en gebruik van noodsaaklike besigheidskennis, vaardighede en beginsels om produktief en

winsgewende besigheid te bedryf in veranderende besigheidsomgewings;

• Skep besigheidsgeleenthede, los probleme op ‘n kreatiewe wyse op en neem risiko’s terwyl ander se regte

en omgewings volhoubaarheid gerespekteer word;

• Pas basiese leierskap, bestuursvaardighede en -beginsels toe, terwyl saam met ander gewerk word om

besigheidsdoelwitte te bereik;

• Is gemotiveer, selfgedrewe, lewenslange leerders wat hulleself en die aktiwiteite waarvoor hulle

verantwoordelik is bestuur word in die strewe om besigheidsdoelwitte te behaal;

• Is toegewyd om hulleself te ontwikkel deur besigheidsgeleenthede en ondernemings;

• Is in staat om formele indiensneming te verseker en verkeer in die posisie om te streef volhoubare selfindiensnemings loopbaanpaaie.

Algemene Leerdoelwitte

Om die redes te kan beskryf waarom iemand kan besluit om hul eie besigheid te stig.

Om die vaardighede te kan verduidelik wat iemand nodig het om ‘n besigheid suksesvol te bestuur.

Om die verskil tussen goedere en dienste te kan verduidelik.

Leerder doelwitte van Powerpoint

Aan die einde van die onderwerp moet leerders in staat wees om:

Die komponente van die mikro-, mark-, en makro-omgewing te noem

Die redes te verduidelik waarom besighede meer beheer het oor die mikro-omgewing/ minder beheer het oor die markomgewing/ geen beheer het oor die makro omgewing nie

Die uitdagings van die besigheidsomgewings uit scenarios/stellings kan identifiseer, asook die mate van beheer wat ‘n besigheid het oor hierdie omgewings

Aanbevelings/voorstelle te maak oor maniere  waarop besighede betrokke kan raak in die makro omgewing

Die nut/voordele wat besighede kry as hulle betrokke is in die makro-omgewing te bespreek/verduidelik.

 


Resource Reviews

Store reviews: ( 0 ratings )

No ratings have been submitted for this seller yet.
Delete Confirmation
×

Always update your resources, rather than deleting and re-uploading a new one: If a resource is deleted from the system, those that have paid for the resource are no longer able to access their bought product.