Junior Primêr Hulpmiddels vir die Jaar

Terwyl Snapplify die handboeke het, Teacha! verskaf al die aanvullende hulpmiddels wat jy nodig het om jou kinders op te stel vir sukses. Ons het hulpmiddels saamgestel vir die hele jaar, wat jou tyd bespaar en verseker dat jou kind ten volle voorbereid is. Stel jou Graad R-3 kinders op vir sukses en kyk hoe hulle gedurende hul akademiese reis floreer.
Op soek na Engelse hulpmiddels? Find a collection of Junior Primary resources for the entire year here.
Graad R

GRAAD R PAKKET
Description
Graad R Pakket A4 PDF Aflaaibare Werkboeke vir elk van die volgende onderwerpe:
- Alfabet Speletjie met Flitskaarte (3 woorde per beginklank).
- Alfabet Oefenboek - 26 werkstukke
- 2D Vorms Oefenboek - 8 werkstukke
- Voorgrond / Agtergrond Oefenboek - 25 werkstukke
- Lynwerk Oefenboek - 15 werkstukke
- Getalle Oefenboek - 11 werkstukke
- Ooreenkomste Oefenboek - 20 werkstukke
- Grafieke Oefenboek - 10 werkstukke
- Woordsomme Oefenboek - 15 werkstukke

MY VOLLEDIGE WERKBOEK / MY COMPLETE WORKBOOK
Description
My Volledige Kleurvolle Werkboek bevat alles wat jou kleuter nodig het. Aktiwiteit is kleurvol en maklik om te verstaan. Hierdie is een van die boekies wat kleuters moet hê vir 'n wonderlike begin! Moet nie hierdie aanboed misloop nie. *Fine motoric excercises * Klank (watter klank hoor jy aan die begin, middel en einde) *Snyvaardighede *Opwindinde Wiskunde Syfer 1 tot 10 (Inkleur) * Die 4 seisoene *Leer my liggaam herken van links en regs * Verwarring van "b" en "d" * English Grammer for beginners * Graad 1 Spelling - (Afrikaans) Skryf oor op gestippelde lynde * Graad 1 Spelling ( English) Skryf oor op die gestippelde lyne

Graad R Pakket
Description
Getalidentifisering Kaarte (1-30) Getal legkaarte (1-30) Getalle Skryfformaaat (1-9) Rangorde (1ste tot 10de) Alfabet Kaarte Skrifkaarte Basiese Optel flitskaarte Beginklanke Oefen Kaarte Beroepe Seisoene My familie My liggaam Emosies Gestalt Oefenboek Getalkaarte (1-10) Hoe voel ek vandag tekenkaart (seuntjie en dogtertjie) Skrifpatroonkaarte Voorskryf oefen kaarte Alfabet boom letter identifisering (kleinletters en hoofletters) Teenoorgesteldes Sintuie Alfabet Paskaarte (Pas Kleinletter en hoofletter bymekaar) 25mm Skrifbladsye

Sinali Voorskool Program (Volledige Program)
Description
Hierdie program is geskryf vir die besige Ma wat 'n program soek wat baie min voorbereiding verg maar effektief is om 'n sterk fondasie te vorm in die voorskoolse kind. Die program kan in 'n jaar voltooi word maar ook volgens die kind se eie pas. Klein kindertjies se harte en gedagtes is die mees ontvanklikste in die voorskool jare so dit is belangrik om die manier waarop hul die proses van leer sien, te vorm. Jou entusiastiese en positiewe houding tydens aanbieding van lesse, kan help om ‘n liefde vir leer aan te kweek. Hierdie program streef daarna om jou as ouer te help om ‘n soliede fondasie vas te lê deur letter, interaktiewe, praktiese lesse wat baie min, indien enige, voorbereiding vereis. Die program dek die volgende vaardighede: *Kleure; *Letters & Klanke; *Bymekaar-Pas Oefeninge; *Fyn & Groot Motoriese Vaardighede; *Nommers; *Rym; *Vorms; *Sortering. Waaruit bestaan die program? * Voorskoolse Program (boek van meer as 200 bladsye en 90 lesse wat aangepas kan word vir elke kind se behoeftes); Addisionele Voorskool Oefen Bladsye (letter aktiwiteit bladsye en addisionele oefeninge vir die inskerp van konsepte wat geleer word in elke afdeling – opsioneel maar goed vir oefening); * Letter Aktiwiteit Bladsye (Hierdie letter aktiwiteit bladsye word gebruik om elke letter in te skerp deur ‘n kuns aktiwiteit te doen. Die program dui aan wanneer om hierdie bladsye en aktiwiteite te doen – ingesluit by die aankoop van die program); * Voorskoolse Speletjies (Berei die speletjies voor voordat jul met die program begin. Elke speletjie kom met items wat uitgeknip en verkieslik gelamineer moet word sodat dit langer kan hou (anders kan dit net op karton uitgedruk word). Plaas elke speletjie in ‘n “flip file”, individuele plastiese koevert sakkies of in ‘n lêer met sakkies. Elke aktiwiteit fokus op ‘n sekere stel letters, nie die hele alfabet nie - opsioneel maar goed vir oefening en verskaf baie pret); * Flits- en Muurkaarte (Drukbare, kleurvolle kaarte met die hoofletters en kleinletters apart asook kleurvolle muurkaarte wat teen die muur geplak kan word soos die kind die letters baas raak – ingesluit by die aankoop van die program); * Skrifstrokies (Skrifstrokies vir die beginner en meer ervare kind met groot asook kleiner letters – opsioneel maar word aanbeveel om saam die program te gebruik – ingesluit by die aankoop van die program); * Liedjies en videos (By baie lesse is dit nodig om ‘n alfabet liedjie of ‘n letter liedjie te speel, saam te sing en te memoriseer. Daar is baie liedjies op YouTube beskikbaar. Kyk vooraf na geskikte liedjies en stoor dit op ‘n “playlist” sodat dit byderhand is wanneer die program dit aanbeveel in die verskillende lesse.). Altesaam meer as 360 bladsye van pret en lekker leer! Sinali Tuisskool Hulpbronne
Graad 1

Graad 1 werkboekies Kwartaal 1-4
Description
Hierdie pakket sluit 4 werkboekies in vir elke Kwartaal. (+- 400 werkvelle) Afrikaans Huistaal (30 werkvelle) Engels Eerste Addisionele Taal (30 werkvelle) Wiskunde (30 werkvelle) Lewensvaardigheid (20 werkvelle) Alle werkvelle is belyn met die KABV. Kwaliteit werk is 'n waarborg! Wolfie Designs

Volledige Afrikaanse LEESPROGRAM Graad 1 / leesondersteuning - 40 Lesse
Description
Soos wat enige opvoeder vir ’ouer kan sê is een van die moeilikste vermoë vir ’n kind om aan te leer lees. Met dit in gedagte bied ons by Pleasant memories Educationa ’n ongelooflike geleentheid vir alle opvoeders om dié proses te vergemaklik. Nie net sluit dié program 40 individuele lesse in wat spesifieke lees konsepte, vermoë of lees probleme teiken met die inhoud. Jy kan vertrou dat die program saamgestel is deur die lens van ’n gekwalifiseerde onderwyseres en die tegnieke wat sy al jare toepas in haar onderwys beroep. Alle lesse bevat interaktiewe video’s om die inhoud verstaanbaar en prettig te hou en word ondersteun met verdere hulpmiddels. Dié program bied genoegsame inhoud vir ’n volle jaar se les beplanning en is presies wat enige Graad 1 leerder, of telkens enige kind wat ’n hupstoot nodig het met hul lees vermoë. Al die skakels van die video's is ingesluit in die aflaaibare hulpmiddels vir jou gerief.
Graad 2
![[1]4 • Teacha! Teacha!](https://www.teacharesources.com/wp-content/uploads/2021/03/14-4-726x1024.jpg)
Graad 2 Wiskunde Kwartaal 1-4
Description
Hierdie pakket bestaan uit 4 werkboekies met 30 werkvelle elk. Dit is 120 werkvelle. Hierdie werkvelle kan as aanvullende werk of hersiening gebruik word. Volgens die KABV opgestel. Let asb. daarop dat hierdie boekies deel is van reeds bestaande pakkette. Indien jy dit reeds aangekoop het, gaan die inhoud dieselfde wees.

Graad 2 LV Kwartaal 1-4
Description
Engels Eerste Addisionele Taal: Hierdie pakket bestaan uit 4 werkboekies met 20 werkvelle elk. Dit is 80 werkvelle. Hierdie werkvelle kan as aanvullende werk of hersiening gebruik word. Volgens die KABV opgestel. Let asb. daarop dat hierdie boekies deel is van reeds bestaande pakkette. Indien jy dit reeds aangekoop het, gaan die inhoud dieselfde wees.
Graad 3

Graad 3 werkboekies Kwartaal 1-4
Description
Hierdie pakket sluit 4 werkboekies in vir elke Kwartaal. (+- 400 werkvelle) Afrikaans Huistaal (30 werkvelle) Engels Eerste Addisionele Taal (30 werkvelle) Wiskunde (30 werkvelle) Lewensvaardigheid (20 werkvelle) Alle werkvelle is belyn met die KABV. Kwaliteit werk is 'n waarborg! Wolfie Designs

Graad 3 Wiskunde Kwartaal 1-4
Description
Hierdie pakket bestaan uit 4 werkboekies met 30 werkvelle elk. Dit is 120 werkvelle. Hierdie werkvelle kan as aanvullende werk of hersiening gebruik word. Volgens die KABV opgestel. Let asb. daarop dat hierdie boekies deel is van reeds bestaande pakkette. Indien jy dit reeds aangekoop het, gaan die inhoud dieselfde wees. Wolfie Designs

Graad 3 LV Kwartaal 1-4
Description
Hierdie pakket bestaan uit 4 werkboekies met 20 werkvelle elk. Dit is 80 werkvelle. Hierdie werkvelle kan as aanvullende werk of hersiening gebruik word. Volgens die KABV opgestel. Let asb. daarop dat hierdie boekies deel is van reeds bestaande pakkette. Indien jy dit reeds aangekoop het, gaan die inhoud dieselfde wees.