Graad 5 Kwartaal 4 Eksamenhulpmiddels

Dit is die laaste eksamentydperk vir die jaar en sekerlik die vreesaanjaendste, vir sommige! Moet egter nie bekommerd wees nie! Ons het al die eksamenhulpmiddels wat jy nodig het om jou graad 5-studente te help met hulle eksamenvoorbereiding. Hierdie versameling bevat oefenvraestelle, eksamens, en opsommings vir ‘n aantal vakke, insluitend Afrikaans, Wiskunde, Geskiedenis en Geografie. Sien jy nie waarna jy soek nie? Blaai deur ons uitgebreide soektog na eksamenhulpmiddels vir kwartaal 4.
Vrywaring: Wees bedag daarop om nie vraestelle te gebruik soos dit is nie, want Teacha! is ‘n markplek en ouers en studente het ook toegang tot hierdie hulpmiddels. Boonop bevat nie alle toetse, assesserings en eksamens ‘n memorandum nie. Maak seker dat ‘n hulpmiddel ‘n memorandum insluit voordat jy dit koop as jy een benodig.
Afrikaans

Graad 5 Kwartaal 4 Afrikaanse FAL Eksamen
Description
Hierdie siklustoets bestaan uit ‘n Begripstoets (15), Visuele Teks (10), Opsomming (5) en Taalleer (10) (Homofone, Samestellings, Ontkennende vorm, Sinonieme en Intensiewe vorm) vrae. Sluit in: Die Toets, Memo en Antwoordblad Learn Afrikaans with Teacher Ally
Wiskunde


Graad 5 Wiskunde November Eksamen Vraestel
Description
Hierdie vraestel bevat al die konsepte wat gedurende die jaar geleer is. Hy is langer as gewone vraestelle omdat al die konsepte getoets word. Sluit in : Heelgetalle, Afronding, Desimale en gewone breuke, herleiding, aansigte, hoeke, simmterie ens
Sosiale wetenskappe - geografie

Gr. 5 Geografie Bundel pak Kwartaal 1-4 Powerpoint & PDF opsommings
Description
Gr. 5 Geografie Bundel Kwartaal 1-4 Sukkel u kinders om die Geografie inhoud te verstaan en te leer? Hierdie produk is ‘n waardevolle hulpmiddel om konsepte oor te dra, tuis of in die klaskamer! SPAAR 30% met hierdie Bundel pak van Gr. 6 Geografie Kwartaal 1-4 opsommings met pragtige leersame illustrasies wat interessant aangebied word en volg die KABV kurrikulum. Sluit in (Pptx en PDF vir elk): Kwartaal 1: Kaartvaardighede Kwartaal 2: Fisiese kenmerke van Suid-Afrika Kwartaal 3: Weer, klimaat en plantegroei in Suid-Afrika Kwartaal 4: Minerale en Mynbou in Suid-Afrika (Sien asb. volledige uiteensetting onder aan.) Wat is ingesluit? – 200 bladsye Powerpoint skyfievertoning in totaal (.pptx dokument) vir aanbiedieng of leerwerk – 44 bl PDF Opsommings om uit te druk vir leerders Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan en behoort daarvolgens aangepas te word. TOELAATBARE GEBRUIK: Hierdie produk mag gebruik word soos volg: – Onderwysers: Die Powerpoint is slegs vir aanbieding in klaskamers. Die PDF mag u uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of elektronies aanstuur, Indien u tuisstudie wil aanbeveel met die Powerpoint vir u studente, rig asb. ‘n versoek aan ouers om hierdie produk aan te koop. – In huishoudings: Alle kinders in 1 huishouding mag die produk gebruik. – Geen deel van hierdie produk mag herverkoop word nie. – Geen illustrasies mag vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk en vind dit waardevol. Venita Oberholster UITGEBREIDE DETAILS VAN PRODUK: HIERDIE PRODUK IS ‘N VERSAMELING VAN APARTE KWARTAALLIKSE OPSOMMINGS. Kwartaal 1: Kaartvaardighede Eenheid 1.1: Wêreldkaart & Kompasrigtings Eenheid 1.2: Afrika ons vasteland Eenheid 1.3: Fisiese kaart van Afrika Eenheid 1.4: Beelde van Afrika Wat is ingesluit? 56 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng en 11 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Kwartaal 2: Fisiese kenmerke van Suid-Afrika Eenheid 2.1: Suid-Afrika van bo-af (fisiese kaart) Eenheid 2.2: Fisiese kenmerke Eenheid 2.3: Riviere Eenheid 2.4: Fisiese kenmerke & Menslike aktiwiteite Wat is ingesluit? 48 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng en 11 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Kwartaal 3: Weer, klimaat en plantegroei in Suid-Afrika Eenheid 3.1: Die Weer Eenheid 3.2: Reënval Eenheid 3.3: Klimaat Eenheid 3.4: Natuurlike Plantegroei Wat is ingesluit? 52 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng en 10 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Kwartaal 4: Minerale en Mynbou in Suid-Afrika Eenheid 4.1: Mineraal- & steenkool-hulpbronne van Suid-Afrika Eenheid 4.2: Mynbou en die omgewing Eenheid 4.3: Mynbou en mense Wat is ingesluit? 42 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng en 12 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders

Graad 5 SW Aardrykskunde November/Desember Oefentoets
Description
Hierdie kleurvolle oefentoets bevat kort en langer vrae oor die werk wat behandel is in die derde en vierde kwartaal van die jaar. Dit sal die leerder se kennis toets oor die onderwerpe wat behandel word. Hierdie oefentoets kom met 'n memorandum. ON TOP

Graad 5 Kwartaal 4 Geografie Eksamen
Description
Hierdie produk kan gebruik word as jou Kwartaal 4-eksamen, 'n hersienings- of oefentoets, of selfs as uitbreidingsaktiwiteite vir die verskillende kwartale. Dit is in Word vir gemak van gebruik.
Hierdie vraestel is ook in Engels beskikbaar.
Hierdie vraestel bestaan uit 70 punte en 11 vrae. Die Blooms-vlakke word in die memorandum aangedui. Dit dek inhoud wat in Kwartaal 1, 3 en 4 Geografie geleer is volgens KABV-vereistes. Graad 5 vereis slegs dat 'n vraestel uit 30 moet wees, so jy moet van die vrae verwyder. Pas asseblief aan by jou behoeftes en die inhoud wat jy in die klas behandel het. Soos jy die papier aanpas, sal die Blooms-vlakke ook moet aangepas word.
Daar is 'n verskeidenheid vraetipes: Meng en pas, kaartwerk, waar of onwaar, meervoudige keuse, ens. Baie van die vrae is brongebaseer. Hierdie vraestel dek die volgende onderwerpe (elkeen sy eie vraagnommer):
• Kaartvaardighede:
- Suider-Afrika
- Die kontinente
• Weer en klimaat:
- Elemente van weer
- Weervoorspellings
- Reënval grafiek
• Mynbou:
- Definisies
- Belangrikste minerale in SA en hul gebruike
- Steenkool as 'n nie-hernubare hulpbron
- Ligging van steenkool- en mineraalmyne
- Oopgroef- en skagmynbou
- Gevallestudie: Die Groot Gat.
Ek vertrou dat hierdie produk vir jou nuttig sal wees.
Jy mag nie die inhoud van hierdie produk, elektronies of in harde kopie, verkoop, deel of herverdeel sonder my toestemming nie.
Sosiale wetenskappe - geskiedenis

Graad 5 Kwartaal 4 Geskiedenis Bingo speletjie hersieningsaktiwiteit
Description
Hierdie Bingo speletjie is 'n hersiening/ opsomming speletjie vir wanneer die kwartaal se werk klaar is, of net voor ‘n toets of eksamen. My leerders is mal hieroor en kan nie genoeg daarvan kry nie. Dit neem nie lank vir hulle om hierdie feite te leer nie. Dit is ook in Engels beskikbaar. Daar is 35 verskillende kaarte, elk met 16 uit 'n moontlike 24 woorde. Die beskrywings vir elke woord, word gegee in die PDF dokument. Vou hulle op en sit in 'n houer om willekeurig uit te trek, of lamineer en skuiffel. Daar is een kaart per bladsy. Leerders kan 'n pen gebruik om antwoorde af te merk. As dit gelamineerd is kan hulle witbordmerkers gebruik word. Jy kan ook bladsy 5 of 6 in hierdie dokument druk en lamineer. Die kinders kan die blokkies uitknip en gebruik om die antwoorde af te merk. Ek hou van terugvoering. Ek sal dit waardeer as jy terugvoering in my winkel kan gee. Jy mag nie die inhoud van hierdie dokument verkoop, deel of herversprei nie. Ms W's Resources

Gr. 5 Geskiedenis Bundel pak Kwartaal 1-4 Powerpoint & PDF opsommings
Description
SPAAR 30% met hierdie Bundel waardepak van Gr.5 Geskiedenis Kwartaal 1-4 opsommings. Perfek vir aanbieding in klas, hersiening, en eksamenvoorbereiding tuis. Elke kwartaal bevat die volgende vir elke kwartaal: – ‘n Powerpoint opsomming/aanbieding met pragtige leersame illustrasies. (230 bladsye in totaal vir Kwartaal 1-4) – Addisionele PDF opsommings om te druk vir leerders. (50 bladsye in totaal vir Kwartaal 1-4) Geskik vir behandeling in klastyd, of vir eksamenvoorbereiding. Sien details van onderwerpe ingesluit aan die onderkant van die beskrywing van die produk. Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word. TOELAATBARE GEBRUIK: Hierdie produk mag gebruik word: – Deur 1 onderwyser in 1 klaskamer. Die PDF opsommings mag gedruk word vir leerders. – In huishoudings: Alle kinders in 1 huishouding mag die produk gebruik. Geen deel van hierdie produk mag herverkoop word nie. Geen illustrasies mag vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take. Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk en vind dit waardevol. Venita Oberholster Netwerk Plus ONDERWERPE INGESLUIT IN KWARTAAL 1-4 OPSOMMINGS: Gr.5 Geskiedenis Kwartaal 1: Jagterversamelaars 1.1. Hoe ons uitvind oor Jagterversamelaars en herders 1.2. Jagterversamelaars in later Steentydperk 1.3. Medisyne uit plante 1.4. Die Jag en Pyl en boog 1.5. Wat het die San geglo? 1.6. San Rotskuns 1.7. Samelewing van Khoikhoi-herders in later Steentydperk 53 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) 12 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Gr.5 Geskiedenis Kwartaal 2: Die Eerste boere in Suid Afrika 2.1: Wanneer, waarom en waar die 1ste Afrika-boere hulle in SA gevestig het 2.2: Wonings & dorpies 2.3: Landbou: gewasse en vee 2.4: Sosiale, politieke en ekonomiese strukture 2.5: Beeste was baie belangrik 2.6: Werktuie & wapens van yster & koper 2.7: Kleiware 2.8: Ruilhandel 2.9: Godsdiens, medisyne en genesing 2.10: Jag 68 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng 15 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Gr.5 Geskiedenis Kwartaal 3: Antieke Egipte Onderwerpe: 3.1 Die Nyl 3.2 Farao’s 3.3 Uitvindings 3.4 Medisyne 3.5 Godsdiens 3.6 Tempels en Piramides, Mummies 3.7 Toetankamen 3.8 Uitbrei van kennis na ander lande Geskik vir behandeling in klastyd, of vir eksamenvoorbereiding. Sluit in: 58 bl Powerpoint skyfievertoning 12 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Gr.5 Geskiedenis Kwartaal 4:Die Erfenisroete 4.1: Die name van provinsies en hul hoofstede op ’n kaart 4.2: Wat erfenis is 4.3: Erfenisterreine van groot betekenis: Wieg van Mensdom 4.4: Erfenis in voorwerpe: Goue voorwerpe by Mapungubwe – Limpopo 4.5: Erfenis in mense se prestasies: Frances Baard – Noord-Kaap 4.6: Erfenis in name: Gariepdam – Vrystaat 4.7: Erfenis en veranderende identiteite: Die Kasteel – Wes-Kaap 4.8: Erfenis en inheemse medisyne: Die genesende eienskappe van die aalwyn – Oos-Kaap 4.9: Erfenis in argitektuur: Klipmuurdorp Kaditshwene – Noordwes 4.10: Natuurlike erfenis: Makhonjwa-Berge, Mpumalanga 4.11: Erfenis in kuns: San-rotskuns in die Drakensberge – KwaZulu-Natal 50 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) 11 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Werkskaarte vir Kwartaal 1 en 3 ook ingesluit. Hierdie kwartale kan ook apart aangekoop word.

Graad 5 Geografie: Jaarpakket (Platinum Handboek)
Description
46 x A4 PDF Aflaaibare Opsommings vir Geografie (Graad 5) oor die volgende inhoud: 1 Wêreldkaart en Kompasrigtings 2 Afrika ons Vasteland 3 'n Fisiese Kaart van Afrika 4 Beelde van Afrika 5 Suid-Afrika van Bo (Fisiese Kaart) 6 Fisiese Kenmerke 7 Riviere 8 Fisiese Kenmerke en Menslike Aktiwiteite 9 Die Weer 10 Reënval 11 Klimaat 12 Natuurlike Plantegroei 13 Mineraal- en Steenkool-hulpbronne van SA 14 Mynbou en die Omgewing 15 Mynbou en Mense Bron: Platinum Sosiale Wetenskappe Handboek; Maskew, Miller & Longman Ontwerp deur My Skool Goeters @ 2021.
Natuurwetenskappe en tegnologie

NWT: Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 4 Graad 5 - Opsomming en Toets in een/Memo
Description
Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Kwartaal 4. Maak dit makliker en vinniger vir U kind om te leer deur die bladsye in die helfte te vou en kontroleer so jou antwoorde. Lekker leer en sterkte met die toetse.
Lewensvaardighede

GRAAD 5 LEWENSVAARDIGHEID WERKSTUKKE/TOETSE MET MEMO’S – KWARTAAL 4
Description
Hierdie pakket sluit werkstukke in wat as toetse gebruik kan word vir hersiening oor die volgende onderwerpe vir Lewensvaardigheid vanuit die Platinum Handboek vir Graad 5: 1. Plaaslike Gesondheidsprobleme 2. MIV en VIGS 3. Die Misbruik van Middels Elke onderwerp het werkstukke wat memo’s vir elke bladsy insluit.