Prettige Kersfees hulpmiddels

Hoe kosbaar is dit nie om die opgewonde jonger geslag dop te hou wanneer ons Kersfees vier nie? Moeilik om aan hulle te verduidelik dat Kersvader nie regtig bestaan nie wanneer jy in hul blink, onskuldige ogies kyk, né? Nog moeiliker om te sê Kersvader gaan vanjaar nie geskenkies bring nie, of hoe? Wel, dink so daaraan! Kinders bly nie vir altyd klein nie, so hoekom dan nie maar hierdie tyd saam met hulle geniet en koester nie? Daar is wel een manier om in Kerstyd opwinding en entoesiasme by die huis en in jou klaskamer te skep. Besigtig ons reeks Grondslagfase Kersfees hulpmiddels, propvol prettige aktiwiteite wat die Kersseisoen vir die kleinspan sommer báie spesiaal en genotvol sal maak!
Neem ook tyd en loer deur ons reeks Engelse Kersfees hulpmiddels.
Aktiwiteite

Kersfees Pak
Description
'n Pret pak vir voorskoolse kinders met 'n Kersfees tema. Sluit in 10 aktiwiteite: - Pasmaats speletjie - Inkleur legkaart - Natrek Kersboom - Vorms Kersboom - Pas pare - Vind die prente en tel(I-spy) - Skrif oefening - Klein Kersfeesboekie - Brief vir Kersvader - Rol en Versier Kersboom Ontwikkel onder andere tel, vorms, fyn motories, taal vaardighede!

Kersfees / Christmas
Description
‘n Eenvoudige pretpakket. Bind die bladsye in 'n boekie of hou dit apart. Die kleurvolle bladsye is ideaal vir die jongspan en sluit aspekte soos tel- en dinkwerk in. A simple and fun activity package. Use the pages as loose worksheets or bind it in a booklet. [26MB, 30p]


Sinskonstruksie: Verander na verledetydsvorm - Kersfees
Description
Hierdie Afrikaanse produk teiken sinskonstruksie. Hier word van die leerder verwag om 'n sin (hedetydsvorm) na die verledetydsvorm te verander. Sinskonstruksie is belangrik sodat die leerder hom/haarself meer effektief kan uitdruk. Spraakverstaanbaarheid word geaffekteer deur sinskonstruksie. Baie pret vir die hele gesin.