Graad 9 Kwartaal 4 Hulpmiddels

Voorbereiding eindig nooit en word ook nie makliker nie. Gelukkig het ons jou gedek en gereed om jou reg te stel vir sukses gedurende kwartaal 4. Hierdie versameling bevat KABV-belynde onderrighulpmiddels wat Afrikaans, Wiskunde, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lewensoriëntering en Sosiale Wetenskappe dek. Ons het ook Engelse hulpmiddels beskikbaar vir graad 9!
Afrikaans

Graad 9 Afrikaans FAL Taak 9
Description
Taak 9 is die laaste taak wat die graad 9's doen voor die eksamen. In Taak 9 is daar 2 kort transaksionele skryfstukke wat uit 10 tel. 'n Uitnodigingskaartjie en 'n Advertensie. Daar is 2 oulike onderwerpe om van te kies onder elke afdeling en 'n rubriek vir elke skyfstuk.

Gr9 Afri Nov : Leesbegrip en Taalkunde (70) + Woordeboek +MEMO
Description
Taalkunde Eksamen: November (Totaal 70) Eerste Addisionele Taal Graad 9 + MEMO (multiple choice questions for easy marking).
AFEDLING A LEESBEGRIP - Hoe 5 minute se daaglikse stap 'n mens gesond kan hou (en harkwale kan vermy). |
/25
|
AFEDLING B Visuele Teks (Spotprent) |
/15 |
AFEDLING C Opsomming - gevaarlike speletjies... |
/10 |
AFDELING D Taalkunde - Verlede tyd, sinonieme, meervoude. |
/20 |
TOTAAL |
/70 |
Wiskunde

Graad 8 & 9 Wiskunde Boek 2 (Meetkunde) Noted
Description
Omvattende Opsommings van Wiskunde (Meetkunde) vir graad 8 en graad 9, kwartaal 1-4, in Afrikaans met voorbeelde en aanvullende & skriftelike notas deur opsteller (eksterne party).
- 2D Meetkunde
- Konstruksies
- Reguitlyn Meetkunde
- Analitiese Meetkunde
- Gelykvormigheid
- Kongruensie
- Pythagorus
- Meting
- Transformasies
- Statistieke

Wiskunde Graad 9 - Pythagoras
Description
Werksvel wat 8 somme bevat oor Pythagoras. Oefen die berekening van lengte van kort, sowel as langsy. Hierdie Werksvel is gerig op Graad 9 leerlinge en die antwoord word gegee in die lang metode. Daar is spasie langs elke voorbeeld waar leerder die som kan voltooi.
Natuurwetenskappe


Graad 9 Natuurwetenskap - KWARTAAL 4 Opsommings
Description
Graad 9 Natuurwetenskap - KWARTAAL 4 Opsommings A4 PDF Aflaaibare opsommings oor die volgende onderwerpe:
- Aarde en Ruimte: Die Aarde as 'n Stelsel
- Aarde en Ruimte: Litosfeer
- Aarde en Ruimte: Atmosfeer
Tegnologie
Geografie


Gr 9 Sosiale Wetenskappe Hulpbronne
Description
‘n Baie kleurvolle PowerPoint gebaseer op die Hulpbronne hoofstuk van Termyn 4. Maklik om te gebruik vir leerders en/of onderwysers. Sluit die verskille tussen hernubare- en nie-hernubare hulpbronne, die uitputting van hulpbronne en volhoubare gebruik van hupbronne, in.
Lewensoriëntering

Graad 9 Lewensoriëntering kwartaal 4 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 4. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.