Graad 9 Kwartaal 3 Hulpmiddels

Help jou Graad 9’s om sukses te bereik in Kwartaal 3. Hierdie versameling bevat gebruiksgereed KABV-belynde hulpmiddels, insluitend werkboeke, opsommingse, en assesserings. Ons het ook Engelse hulpmiddels hier gedek.
Afrikaans

AFRIKAANS TAALSTRUKTURE- EN KONVENSIES PPT gr.5-9
Description
Hierdie PPT bestaan uit 55 skyfies. Dit is opgestel uit die Via Afrika! Afrikaans EAT vir Gr.7 handboek. Dit kan aangepas word vir enige graad. Dit bevat alle taalstrukture soos uiteengesit vir Graad 7 in hierdie handboek. Vir laer grade kan van die skyfies oorgeslaan/verwyder word. Vir hoër grade kan van die voorbeelde moeiliker gemaak word. Dit kan gebruik word vir gr.5 -9 Afriaans HT of EAT. Selfs vir opvoeders wat Afrikaans as 'n derde taal aanbied. Teaching101

Toets: Leesbegrip & Taal (Graad 8 & 9)
Description
Afdeling A: Leesbegrip [15 punte] Vraag 1: Aanlynartikel verwerk uit Maroela Media oor 'n negejarige wat die hoogsbetaalde Youtuber is. [15 punte] Vraag 2: Visueleteks- skermgrepe uit 'n Youtube video in verband met die berig in Vraag 1. [5 punte] Afdeling B: Taal Vraag 3: Woordstrukture in paragraaf-formaat (geslag, intensiewe vorm, meervoude, vertaling, bywoord, werkwoord, voornaamwoorde) wat verband hou met begripsteks. [5 punte] Vraag 4: Sinstrukture- inhoud hou verband met begripsteks (toekomende tyd, verlede tyd, STOMPI, ontkenning en infinitief). [10 punte] Die toets is in Word formaat sodat dit aangepas kan word volgens elke skool se vereistes. Die leerders vind aanklank met die tipe teks omdat hulle deel is van die tegnologiese generasie. Voorgeskrewe gedigte kan maklik bygevoeg word omdat die vrae in tabel formaat opgestel is waarvan die lyne nie sigbaar is nie, maar mens maklik enige vrae kan byvoeg. Die vraestel sluit ook nasienriglyne in.
Wiskunde

Graad 7 tot 9 Wiskunde Studiegids
Description
Graad 7-9 Wiskunde studiegids. Opgestel volgens die KABV sillabus.Bestaan uit 90 bladsye waar al die Wiskunde konsepte wat in die Seniorfase behandel word, ten volle verduidelilk word, in maklik verstaanbare taal, met behulp van uitgewerkte voorbeelde waar nodig. Maak wiskunde leer maklik!
Natuurwetenskappe en Tegnologie


32 BLADSY OPSOMMINGS GRAAD 9 KWARTAAL 3 Natuurwetenskap Materie en Materiale
Description
* Perodieke tabel (uiteensetting) * Elemente + Uitleg daarvan * Wat word bedoel met formule, chemiese reaksie en gee voorstelling van chemiese reaksies; * Reaksies van metale met suurstof en yster met suurstof * Woordvergelykings, Chemiese vergelykings en die verskil * Vorming en voorkoming van roes (VRAESTEL 1 EN MEMORANDUM) * PH-skaal * Indikators * Basissen en sure (Eienskappe) (VOLLEDIGE VRAESTEL 2 EN MEMORANDUM)

Natuurwetenskap Graad 9 OPSOMMINGS KWARTAAL 3: CAPS KRAGTE
Description
VOORBEREID VIR EKSAMEN!! OPSOMMINGS, OPSOMMINGS, OPSOMMINGS; Natuurwetenskap Graad 9.OPSOMMINGS KWARTAAL 3:CAPS TIPES KRAGTE. 'n Krag is 'n stoot- of 'n trekaksie op 'n voorwerp. Die eenheid waarin ons krag meet is 'n newton (N). Dit is na Sir Isaac Newton, 'n fisikus, vernoem. Sir Isaac Newton word erken as een van die mees invloedryke wetenskaplikes van alle tye. Die eenheid van krag is na hom vernoem uit erkenning vir sy werk. SKOOLTAS SKATKIS
Lewensoriëntering

Graad 9 Lewensoriëntering kwartaal 3 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 3. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.