Graad 8 Kwartaal 4 Hulpmiddels

Dis die laaste kwartaal vir die jaar! Stel jouself reg vir sukses en bevorder interaksie in jou klaskamer gedurende Kwartaal 4. Hierdie versameling is gebundel om jou elke stap van die pad te ondersteun en sluit gereed-vir-gebruik onderrighulpmiddels vir jou Graad 8-klas in. Ons het ook Engelse hulpmiddels beskikbaar vir Graad 8!
Afrikaans

Afrikaans Oefen Toets 5
Description
Die produk behels ‘n begrip en vrae wat handel oor die begrip, ‘n advertensie en vrae wat handel daaroor, ‘n opsommings afdeling en dan oefeninge oor taalstrukture en konvensies. Ek het die produk self gebruik en die leerders het goed gevaar en dit geniet. Ek hoop julle geniet die produk en baat daarby. Die produk behels selfs lekker inkleur prentjies wat die leerders kan voltooi nadat die toets voltooi is.

Graad 9 Afrikaans FAL Taak 9
Description
Taak 9 is die laaste taak wat die graad 9's doen voor die eksamen. In Taak 9 is daar 2 kort transaksionele skryfstukke wat uit 10 tel. 'n Uitnodigingskaartjie en 'n Advertensie. Daar is 2 oulike onderwerpe om van te kies onder elke afdeling en 'n rubriek vir elke skyfstuk.


AFRIKAANS TAALSTRUKTURE- EN KONVENSIES PPT gr.5-9
Description
Hierdie PPT bestaan uit 55 skyfies. Dit is opgestel uit die Via Afrika! Afrikaans EAT vir Gr.7 handboek. Dit kan aangepas word vir enige graad. Dit bevat alle taalstrukture soos uiteengesit vir Graad 7 in hierdie handboek. Vir laer grade kan van die skyfies oorgeslaan/verwyder word. Vir hoër grade kan van die voorbeelde moeiliker gemaak word. Dit kan gebruik word vir gr.5 -9 Afriaans HT of EAT. Selfs vir opvoeders wat Afrikaans as 'n derde taal aanbied. Teaching101
Wiskunde

Eksponente - Tweedemagte/wortels en Derdemagte/wortels Graad 7 Graad 8 Bondel
Description
Hierdie Bondel sluit 'n PowerPoint presentation, 'n werkkaart en memorandum in wat handel oor Eksponente. Tweedemagte, tweedemagswortels en Derdemagte en derdemagswortels word gedek. Ons kyk ook na volgorde van bewerking met eksponente. Hierdie is gepas vir graad 7 en 8.

Graad 8 & 9 Wiskunde Boek 1 (Algebra) Noted
Description
Omvattende Opsommings van Wiskunde (Algebra) vir graad 8 en graad 9, kwartaal 1-4, in Afrikaans met voorbeelde en aanvullende & skriftelike notas deur opsteller (eksterne party).
- Grondbeginsels
- Verhoudings
- Koers
- Eweredigheid
- Breuke
- Finansies
- Eksponente
- Wetenskaplike Notasie
- Getalpatrone
- Algebraiëse Uitdrukkings
- Produkte
- Faktorisering
- Algebraiëse Vergelykings
- Grafieke
- Waarskynlikheid
Ekonomie en Bestuurswetenskappe

EBW GRAAD 8 KWARTAAL 4 OPSOMMING
Description
EBW GRAAD 8 KWARTAAL 4 OPSOMMING OPSOMMING SLUIT IN ILLUSTRASIES EN KERNWOORDE. MAKLIK VERSTAANBAAR. KAN GEBRUIK WORD VIR HERSIENING OF OM TE LEER VIR EKSAMEN. OOK BESKIKBAAR IN ENGELS SUMMARY FOR TERM 4 INCLUDING ALL KEYWORDS AND ILLUSTRATIONS. EASY TO USE AND UNDERSTAND. CAN BE USED AS REVISION OR TO STUDY FOR EXAMS. AVAILABLE IN AFRIKAANS AND ENGLISH IN MY ONLINE STORE.
Natuurwetenskappe
Geografie

Gr 8 Sosiale Wetenskappe Vervoer en Handel
Description
Hierdie kleurvolle, deeglike Powerpoint sluit die vyf hoof tipes vervoer reg oor die wereld in.
Dit sluit ook moontlike toets/eksamen vrae en ‘n gevallestudie in.
Die verskil tussen publieke en privaat vervoer word ook bespreek.
Baie bruikbaar vir beide onderwyser en leerder.
Geskiedenis

GR. 8 GESKIEDENIS KWARTAAL 4 - EERSTE WêRELDOORLOG OPSOMMINGS POWERPOINT & PDF
Description
Gr. 8 Geskiedenis – Kwartaal 4: DIE EERSTE WêRELDOORLOG Met opsommings in PDF en Powerpoint. Hierdie produk bevat Gr. 8 Geskiedenis Kwartaal 4 opsommings, in Powerpoint met pragtige leersame illustrasies plus addisionele PDF opsomming om UIT te druk. Die skyfievertonings is interessant en volg die kurrikulum. Pragtige illustrasies om konsepte beter te verstaan, plus die logies uiteengesitte opsommings help baie met eksamenvoorbereiding. Hierdie produk het ook goeie resultate getoon vir leerders met ADHD, Outisme of ander leeruitdagings. Onderwerpe ingesluit in opsommings: EENHEID 4.1: Redes waarom die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het EENHEID 4.2: Aspekte van ervarings gedurende die Eerste Wêreldoorlog EENHEID 4.3: Veranderende rol van vroue in die werkplek in Brittanje tydens die 1ste Wêreldoorlog Eenheid 4.4: Die nederlaag van Duitsland en die Verdrag van Versailles Wat is ingesluit? 78 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng 17 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word. Die materiaal in die Powerpoint is aangevul met voorbeelde om die belangrike konsepte duidelik te illustreer. Indien u die Powerpoint wil verkort, kan daardie bladsye net verwyder word. Hierdie produk mag nie herverkoop word nie. Onderwysers: Die Powerpoint is slegs vir aanbieding in klaskamers. Die PDF mag u uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of elektronies aanstuur, Indien u tuisstudie wil aanbeveel met die Powerpoint vir u studente, rig asb. ‘n versoek aan ouers om hierdie produk aan te koop. Een produk per huishouding vir alle kinders in u eie huishouding. Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take. Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk.

Graad 8 GESKIEDENIS - Kwartaal 4 Opsommings
Description
Graad 8 GESKIEDENIS - Kwartaal 4 Opsommings A4 PDF Aflaaibare opsommings oor die volgende onderwerpe:
- Redes vir die Eerste Wêreldoorlog
- Ervarings in die Eerste Wêreldoorlog
- Vroue in Brittanje tydens Eerste Wêreldoorlog
- Die Nederlaag van Duitsland en die Verdrag van Versailles
Lewensoriëntering

Graad 8 Lewensoriëntering kwartaal 4 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 4. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.