Graad 8 Kwartaal 3 Hulpmiddels

Bevorder leer in jou Graad 8 klaskamer met hierdie versameling wat daarop gemik is om interaktiewe lesse aan te moedig. Hier kan jy gebruiksgereed plakkate, werkboeke, opsommings, en meer vind. Jy kan Engelse hulpmiddels ook hier vind.
Afrikaans

Graad 8 Kwartaal 3 werkboek
Description
Hier is 'n werkboek vir graad 8. Dit kan dien as 'n aanvullende werkboek vir die klas asook hersiening doeleindes. Hierdie is maklik om te gebruik vir tuis werk ook. Dit sluit in begripstoetse, opsommings, taal leer, letterkudne, prosa en poësie. Die memo is ongelukkig nie ingesluit nie. 40 bladsye alles in word formaat gespaar vir maklike aanpassing. Alles is volgens CAPS
Wiskunde

Wiskunde Graad 8 Kwartaal 3 Week 1 en 2 Algebraise Uitdrukkings
Description
Hierdie Werkboek bevat 12 Oefeninge wat handel oor Graad 8 Wiskunde Algebraise Uitdrukkings. Dit is uitgewerk volgends die CAPS kurrikulum en ATP. Elke oefening het 'n memorandum met verduidelikings. Die oefeninge bevat probleme van verskillende moeilikheidsgrade. Leerders kan dit gebruik vir ekstra oefening. Onderwysers kan dit gebruik vir informele assesserings, huiswerk of klastoetse. Leerders kan dit in hul boeke plak.

GRAAD 7, 8 & 9 - WISKUNDE - 9 PLAKKATE
Description
Met hierdie uiteensetting van die belangrike konsepte wat leerders behoort te ken, kan hul basiese kennis ingeskerp word. Hierdie produk word ook deur Teacher911 verkoop. STRENG OPGESTEL VOLGENS CAPS ONDERWERPE. 1. Telgetalle 2. Heelgetalle 3. Gewone Breuke 4. Desimale Breuke 5. Eksponente 6. Numeriese & Meetkundige Patrone 7. Funksies & Verhoudings 8. Algebraïese Uitdrukkings 9. Algebraïese Vergelykings
Natuurwetenskappe en Tegnologie

Sosiale Wetenskappe

GR. 8 GESKIEDENIS KWARTAAL 3 - STORMLOOP VIR AFRIKA OPSOMMINGS POWERPOINT & PDF
Description
Gr. 8 Geskiedenis – Kwartaal 3: DIE STORMLOOP VIR AFRIKA: Laat 19de eeu Met opsommings in PDF en Powerpoint. Hierdie produk bevat Gr. 8 Geskiedenis Kwartaal 3 opsommings, in Powerpoint met pragtige leersame illustrasies plus addisionele PDF opsomming om UIT te druk. Die skyfievertonings is interessant en volg die kurrikulum. Pragtige illustrasies om konsepte beter te verstaan, plus die logies uiteengesitte opsommings help baie met eksamenvoorbereiding. Hierdie produk het ook goeie resultate getoon vir leerders met ADHD, Outisme of ander leeruitdagings. Onderwerpe ingesluit in opsommings: EENHEID 3.1: Europese kolonisasie van Afrika in die laat 19de eeu Die wedloop vir kolonies in Afrika Berlynkonferensie van 1884 Die Berlynse Konferensie lei tot Wêreldoorlog Oorsake van kolonisering Gevolge in Afrika a.g.v. kolonisasie EENHEID 3.2: Gevallestudie: Die Ashanti-koninkryk Koning Tutu Die Ashanti oorloë teen die Britte Dr. Kwame Nkrumah - Ghana Wat is ingesluit? 57 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) vir aanbiedieng 14 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word. Die materiaal in die Powerpoint is aangevul met voorbeelde om die belangrike konsepte duidelik te illustreer. Indien u die Powerpoint wil verkort, kan daardie bladsye net verwyder word. Hierdie produk mag nie herverkoop word nie. Onderwysers: Die Powerpoint is slegs vir aanbieding in klaskamers. Die PDF mag u uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of elektronies aanstuur, Indien u tuisstudie wil aanbeveel met die Powerpoint vir u studente, rig asb. ‘n versoek aan ouers om hierdie produk aan te koop. Een produk per huishouding vir alle kinders in u eie huishouding. Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take. Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk.
Lewensoriëntering

Graad 8 Lewensoriëntering kwartaal 3 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 3. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.

LO - Hindernisbaan ontwerp
Description
'n Taak oor die fisieke voordele van 'n hindernisbaan, en die materiale nodig om 'n eenvoudige hindernisbaan self te ontwerp. Reëls, instruksies en veiligheidmaatreëls word ook in detail verduidelik. Harvard verwysingsmetodes word gebruik met in-teks verwysings en volledige bibliografie ingesluit.