Graad 7 Kwartaal 4 Hulpmiddels

Eindig die jaar op ‘n hoë noot met hierdie Graad 7 Kwartaal 4 hulpmiddels wat ontwerp is om jou te help om sukses te behaal! Hierdie versameling fokus op verskeie vakke, insluitend Afrikaans, Wiskunde, Tegnologie, en vele meer. Ons het ook Engelse onderrighulpmiddels beskikbaar vir Graad 7!
Afrikaans

Afrikaans HT graad 7 kwartaal 4 JOP 2023: Volle pakket
Description
Hierdie uitstekende produk is 'n volledige pakket wat 'n leerderboek en 'n onderwysersgids insluit. Die pakket is opgestel volgens die nuutste, hersiene JOP. Die pakket bevat 5 siklusse wat oor twee weke elk strek. Die pakket sluit informele aktiwiteite asook formele assesseringstake in. Die onderwysersgids bevat kwartaal 4 se beplanning en die memorandums en rubrieke wat nodig is om werk te assesseer. Die leerderboek bevat ook leesstukke vir DAAR/onafhanklike lees/groepsbegeleide lees, lees vir assessering en lees vir genot. Die taalstrutuur en -konvensies vaardigheid maak onderskeid tussen taal wat vir vaslegging aangeleer word en taal wat binne konteks aangeleer word. Die formele take is by die pakket ingesluit: Taak 7:
- Stap 3: Monderlinge aanbieding (reeds in kwartaal 3 begin)
- Vraag 1: Begripstoets
- Vraag 2: Visuele teks
- Vraag 3: Opsomming
- Vraag 4: Taalstuktuur en -konvensies

Graad 7 - Afrikaans EAT/HT - Kwartaal 4 werkboekie
Description
Graad 7 - Afrikaans EAT/HT Werkkaarte KW 4
Graad 7 werkkaarte kwartaal 4
29 werkkaarte (ontvang memorandums ook)
Werk sluit in:
-Samestellings x2
-Afleidings
-Byvoeglike naamwoorde x3
-Trappe van vergelyking
-Voorsetsels x2
-Sinonieme
-Antonieme
-Letterlik en figuurlik
-Versamelname
-Deelwoorde
-Besitlike voornaamwoord
-Vraende voornaamwoord
-Koppelwerkwoord
-Hulpwerkwoord
-Bywoorde x2
-Voorvoegsels
-Agtervoegsels
-Ontkenning
-Direkte rede x2
-Indirekte redex2
-Basisvorme
-Idiome
Wiskunde

Graad 7 Graad 8 Algebraiese uitdrukkings - All die basics
Description
Hierdie PPT is veral vir Graad 7's, Algebra is uit die kurikkulum gehaal vir Gr. 7, volgens my is die kennis 'n moet om te he as jy hoerskool toe gaan. Hierdie PPT het 38 skyfies wat omvattende verduidelikings het, as ook werkkaarte en memorandums. Hierdie PPT sluit die volgende in: Algebraiese taal Gelyksoortige en ongelyksoortige terme Tipess terme Verskil tussen vergelykings en uitdrukkings Kombineer eenderse terme - vereenvoudiging Hoe skryf ek algebraiese uitdrukkings Skryf eenvoudige algebra in woorde

Graad 7 Wiskunde Toets Kwartaal 4 2023 (Vraestel 1 & 2)
Description
Ekonomie en Bestuurswetenskappe

Graad 7 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) Kwartaal 4 (Oxford) - Aktiwiteite en Werkkaarte
Description
Hierdie produk bevat al die werk vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7, kwartaal 4 en is gebaseer op die “Oxford” Handboek in Afrikaans.
- Eenheid 1: Die produksieproses.
- Eenheid 2: Spaargeld.
- Aktiwiteite met modelantwoorde.
- Ekstra werksvelle met memorandums.

Graad 7 Ekonomiese en bestuurswetenskappe - Kwartaal 4 Werkkaarte en Memorandums
Description
Hierdie dokument bestaan uit verskeie werkkaarte oor Kwartaal 4 van die Vandag Leerderboek:
Onderwerp 12 Die produksieproses
Onderwerp 13 Spaargeld
Oor elke onderwerp word in deur die Leerdersboek in eenhede verdeel en daar is ‘n werkkaart vir elke eenheid. Die werkkaarte kan as hulpmiddel in die klasgebruik word om leerders te help om self deur elke eenheid te werk en vrae oor elke eenheid te beantwoord. Memorandums word ook voorsien van elke werkkaart.
Hierdie hulpmiddel word in docx formaat voorsien wat u die vryheid bied om wysigings aan te bring. U word ook toestemming verleen om hierdie hulpmiddel uit te druk en aan die leerders in u klas te voorsien. U word egter vriendelik versoek om nie hierdie hulpmiddel elektronies te verprei nie. ‘n Memorandum word aangeheg as voorskou.

EBW (Rekeningkunde) - Plakkate vir Eienaarsbelang, Bates, Laste, Inkomste en Uitgawes
Description
Hierdie hulpbron bestaan uit 5 plakkate, naamlik: 1. Eienaarsbelang 2. Bates 3. Laste 4. Inkomste 5. Uitgawes Hierdie plakkate dui aan wat elk van die bogenoemde terme is en bevat voorbeelde (beide in teks en visueel) van die rekeninge wat in die verskeie katogorieë behoort. Hierdie plakkate, tesame met die "BULIE"-plakkaat (wat ook in my winkel is) is 'n wenner om in die klaskamer te vertoon sodat U altyd daarna kan verwys wanneer U in die klas verduidelik of werk merk. As die leerders weet wanneer 'n rekening eienaarsbelang, 'n bate, laste, inkomste of uitgawes is, en hul BULIE ken, sal hul altyd T-rekenige korrek gebruik.
Natuurwetenskappe

Graad 7 Natuurwetenskappe (NW) Kwartaal 4 (Via Afrika)
Description
Hierdie produk bevat al die werk vir Natuurwetenskappe Graad 7, kwartaal 4 en is gebaseer op die “Via Afrika” Handboek in Afrikaans. Onderwerp 1: Verhouding van die Son tot die Aarde
- Eenheid 1: Sonenergie en die Aarde se seisoene
- Eenheid 2: Sonenergie en lewe op die Aarde
- Eenheid 3: Gebergde sonenergie
- Eenheid 1: Relatiewe posisies
- Eenheid 2: Swaartekrag
- Eenheid 3: Getye
- Eenheid1: Vroeë inheemse kennis
- Eenheid 2: Moderne ontwikkelinge
Geografie

Graad 7 Geografie - Kwartaal 4
Description
A4 PDF aflaaibare opsommings oor die volgende onderwerpe: 1 Natuurlike Hulpbronne 2 Bestuur van Hulpbronne 3 Water in Suid-Afrika Opsommings sluit volgende in oor onderwerpe hierbo gelys: 1 Sleutelwoorde / Natuurlike Hulpbronne op Aarde / Gebruike en Misbruik van Natuurlike Hulpbronne / Gebruike van sekere natuurlike hulpbronne / Misbruik van sekere natuurlike hulpbronne. 2 Sleutelwoorde / Konsep van Bewaring / Redes vir Bewaring / Bewaringsgebiede in Suid-Afrika / Doel van Bewaringsgebiede / 3 Hoofsoorte Bewaringsgebiede / Ligging van Bewaringsgebiede / Vernaamste Bewaringsgebiede in Suid-Afrika / Mariene Beskermde Gebiede (MBG's) / Doel van Mariene Beskermde Gebiede / Ligging van Mariene Beskermde Gebiede / Gemeenskapsbewaringprojekte / Ekotoerisme / Wat is die doel van Ekotoerisme? 3 Sleutelwoorde / Wie gebruik Suid-Afrika se water? / 6 Watergebruiksektore / Water in Suid-Afrika / Beskikbaarheid van Water in Suid-Afrika / Watervereistes in Suid-Afrika / Riviergesondheid / Hoe om riviere gesond te hou? / Versorging van Opvanggebiede / Versteurde Opvanggebiede / Versorging van Opvanggebied / 'n Bewaringsprogram vir 'n Opvanggebied / Vleilande / Waarom vleilande bewaar word? / Verantwoordelike gebruik van Waterhulpbronne deur Boere / Verantwoordelike Nywerheidsgebruik van Waterhulpbronne / Verantwoordelike Huishoudelike gebruik van Waterhulpbronne. Opsommings ontwerp deur My Skool Goeters @ 2020. Die VIA AFRIKA handboek is gebruik vir opsommings.
Geskiedenis

Graad 7 Geskiedenis - Kwartaal 4: Samewerking en konflik Kaapkolonie - Powerpoint & PDF opsommings
Description
Maak leer lekker vir jou kinders of leerders! Hiuerdie produk bevat Gr.7 Geskiedenis volledige Kwartaal 4 opsommings, in Powerpoint met pragtige leersame illustrasies en addisionele PDF opsomming. Onderwerpe: 1. Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van Europese nedersetting 2. Die Oostelike Grens van Europese Nedersetting 3. Die Noordelike Grens van Europese Nedersetting Geskik vir behandeling in klastyd, of vir eksamenvoorbereiding. Wat is ingesluit? 65 bl Powerpoint skyfievertoning (.pptx dokument) 18 bl PDF Opsomming om uit te druk vir leerders Let wel: Die afbakenings vir toetse/eksamens verskil per skole, die skyfievertoning kan daarvolgens aangepas word. Hierdie produk mag nie herverkoop word nie. U kan wel die PDF uitdruk en aan u leerders in u klaskamer verskaf, of aan meer as een kind in u huishouding. Let wel: Alle prente gebruik is die kopiereg van Netwerk Plus en mag nie hergebruik word vir ander produkte nie, maar wel vir eie opsommings en take. Baie dankie, en ek hoop u geniet die produk. Venita Oberholster Netwerk Plus THIS PRODUCT IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH

Graad 7 Geskiedenis - VANDAG HANDBOEK (Kwartaal 4)
Description
A4 PDF Aflaaibare opsommings vir Graad 7 Geskiedenis vanuit VANDAG Handboek oor die volgende onderwerpe: 1. Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van Europese Nedersetting 2. Die Oostelike Grens van Europese Nedersetting 3. Die Noordelike Grens van Europese Nedersetting
Lewensvaardighede

Graad 7 PSW (Lewensoriëntering) kwartaal 4 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 4. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.

LV - Graad 7 Opsommings - Kwartaal 4
Description
Hierdie opsommings sluit die volgende onderwerpe in vir Kwartaal 4: Skadelike middels: - Rook - Alkohol - Onwettig Middels - Dwelmmisbruik Faktore by die misbruik van middels: - Intrapersoonlike Faktore - Interpersoonlike Faktore - Voorkomingsmaatreëls Die unieke jy: - Jou kos en dieët. - Suid-Afrika se kos Selfontwikkeling in die Samelewing: - Faktore wat beïnvloed hoeveel kinders eet. - Verantwoordelikheid rondom omgewings- en gemeenskapsprobleme. Aansteeklike Siektes: - TB Leefstylprobleme: - Diabetes - Vetsug - Anoreksia - Epilepsie - MIV en VIGS Heilige Simbole Tom in die grootskool
Kuns

Basislynassessering Visuele Kuns Graad 7
Description
Haal die kopseer uit die eerste week terug! Soos vereis deur die DBO Basislynassesseringtoets vir Visuele Kuns Gr.7 met memorandum. Toets basiese kennis soos kleure, elemente van kuns ens. Bonus: Opwarmingswerkkaart: Skep in 2D. Leerders het baie pret met hierdie vinnige waterverfaktiwiteit (en maklik om op te ruim in die klas!). Hierdie hulpbron is vir die gebruik deur 'n enkele verbruiker in die klaskamer of tuisskoolopset. Die hulpbron mag op geen ander manier gebruik word nie. Aflaaibare PDF-dokument. Happy Teaching and Learning! Learner Expedition

Graad 7 Skeppende Kunste Kwartaal 4 Taak 5 (Drama en Visuele kunste)
Description
Hierdie assessering bevat die instruksies en rubrieke vir die voordra van 'n koraalgedig en vir 'n 2D-potlood tekening. Albei afdelings tel 50 punte elk. Leerders kies self hul gedig om as koraalgedig voor te dra, en besluit self watter kunstenaar se potloodskets van 'n musikant of danser hulle as inspirasie gaan gebruik.