Graad 4 kwartaal 3 hulpmiddels

Berei voor vir ‘n suksesvolle kwartaal 3 met hierdie interaktiewe hulpmiddels wat gereed is om te gebruik. Ons het hierdie versameling geskep om jou tyd te bespaar, wat jy met jou studente kan deurbring. Dit sluit hulpmiddels vir Afrikaans, Wiskunde, en Lewensvaardighede in, om ‘n paar te noem. Ons het Engelse hulpmiddels ook!
Afrikaans

Graad 4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Werkboekie 1 Kwartaal 3
Description
Tema 10: Stories oor helde Week 1 - 2 Kwartaal 3 Werkboekie 1 Maak Afrikaans lekker in die klas met hier die boekie ontwerp vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal leerders. Sluit al die aspekte in volgens 2021 JOP (ATP) vir week 1 en 2 vir Kwartaal 3. Bestaan uit 34 bladsye met prente om die aanleer van woordeskat en taalleer te ondersteun. Skryfwerk bestaan uit: Beskrywende paragraaf (persoon) kenmerke, formaat, raamwerk asook spasie om die skryftaak te voltooi. Rubrieke is ingesluit. Alhoewel dit belyn is volgens Afrikaans Sonder Grense (woordeskat en tema) kan dit ook effektief gebruik word in die Afrikaanse Huistaal klaskamer, omrede die taalleer en skryfwerk dieselfde is per graad. Begripstoets, visuele teks, deurlopende assessering en prettige woordeskat aktiwiteite ingesluit. Memo ingesluit.
Wiskunde
Natuurwetenskap en tegnologie

Graad 4 NWT Kwartaal 3 en 4 Hersiening Werkboekie van 42 bladsye PDF
Description
Hierdie INVUL Werkboekie in PDF bevat alle Kwartaal 4 se onderwerpe wat opgesom is. Dit bevat Kwartaal 4 Werkkaarte sodat hierdie werk ingeoefen kan word. Vrae word gevra op verskillende maniere asook standaarde. Dit bevat woordsoeke sodat kernwoorde en sleutelwoorde hersien kan word. Dit bevat kortvrae oor Kwartaal 3 Onderwerpe, meestal Energie en klank. Pas Kolom B by A, Identifiseer die kernwoord. Lig pen die korrekte woord en Waar en Onwaar stellings. My eie leerders gebruik hierdie werkboekie en dit berei hulle goed voor vir November eksamen / kontrole toetse of kwartaaltoetse. Graad 5 kan dit ook gebruik as 'n basislyn. Baie belangrik: MEMO IS NIE AANGEHEG NIE.
Sosiale wetenskappe

Graad 4 Sosiale Wetenskappe Kwartaal 3 werkboekie (Geskiedenis en Geografie)
Description
Die leerdervriendelike werkboek bestaan uit opsommings en aktiwiteite gebaseer op die aangepaste ATP. Die inhoud van weke 1-10 word logies uiteengesit. Dit bevat 'n memorandum. Dit is slegs in PDF-formaat beskikbaar. Dit is ook in Engels beskikbaar. Juffrou Anri se Klaskamer

Graad 4 Geskiedenis Kwartaal 3 -Vervoer oor die eeue- 17 BL WERKBOEK PLUS 2 TOETSE met MEMORANDUMS
Description
Graad 4 Geskiedenis Kwartaal 3 -Vervoer oor die Eeue heen- 17 BLADSYE WERKSKAARTE PLUS 2 TOETSE met MEMORANDUMSHierdie produk vir Graad 4 Geskiedenis sluit werkskaarte en toetse in vir elke eenheid van die Kwartaal 3 werk. Die werkskaarte is saamgestel met vele unieke en interessante illustrasies. Dit is ideaal vir tuisstudie met behulp van 'n ouer of in skole. Elke eenheid se toets en werkskaart het ook 'n memorandum (antwoorde) met riglyne vir verduideliking en nasien van die werk. Hierdie produk sal goed werk saam met die Powerpoint en PDF opsommings vir Gr. 4 Geskiedenis_Kwartaal 3 opsommings wat ook beskikbaar is in my winkel. Sluit die volgende PDF dokumente in: 17 Bladsye van unieke Werkskaarte vir alle eenhede in die Platinum Handboek in (net in PDF formaat). Volle Memorandums vir Werkskaarte. 8 Bladsye van toetse (Totaal 60 punte) vir alle Eenhede in PDF. (Word dokumente .doc formaat ook ingesluit van toetse vir onderwysers om aan te pas vir hul eie klaskamer gebruik) Memorandums vir toetse. (in PDF en .doc formate) Die volgende werkskaart-aktiwiteite word ingesluit: 1: Inleiding tot Vervoer 2: ‘n Donkie, Olifant of Kameel? 3: Die wiel en die karretjie 4: Vervoer op land – Waens en koetse 5: Die ontdekking van die fiets 6: Die stoomenjin en die trein 7: Vervoer op land - Die motorkar 8: Vervoer op land - toe en nou 9: Vervoer op water 10: Die Titanic 11: Moderne maniere van watervervoer 12: Vervoer in die lug Geskik vir behandeling in tuisstudie, klaskamer gebruik of vir eksamenvoorbereiding. Let wel: Lisensie: Vir gebruik vir 1 klaskamer se leerders, of 1 huishouding. Onderwyser mag dus elektronies versprei aan 1 klas se leerders om tuis aan te werk, of dit uitdruk vir leerders. Maak asb. net duidelik aan ouers dat produk nie herversprei mag word nie. Die Word-dokumente mag gebruik word vir samestelling van eie eksamens of toetse, maar dit mag nie in Word-dokument formaat uitgestuur word nie, slegs in PDF. Geen deel van hierdie produk mag in u eie produkte vir herverkoop gebruik word of herversprei word aan ander onderwysers, leerders of enige ander persoon of skool buite u klaskamer of huishouding nie. Produk mag gebruik word vir alle kinders in u eie huishouding. Die produk sluit nie Onderwerpe van ander Kwartale in nie. Die toetse/eksamens mag verskil per skole/provinsies/handboeke, gebruik asb. volgens riglyne van u skool.
Lewensvaardighede

Graad 4 PSW (LV) kwartaal 3 werkboekie
Description
Hierdie oulike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite vir kwartaal 3. Die inhoud is gebaseer op die aangepaste jop.
Dit is in Engels en Afrikaans beskikbaar.
Die werkboekie sluit nie 'n memorandum in nie omdat daar van die leerder vereis word om hul eie ervaringe en opinies te deel.
Indien u 'n ouer is wat die werkboekie aankoop-maak asb seker dat die skool met die aangepaste jaaronderrigplan werk.

Lewensvaardighede Kuns Projek Kwartaal 3
Description
Die Lewensvaardighede Kuns Projek moet volgens die ATP 'n Drama wees. Die drama hander ool Noag se Ark. Dit moet ook verskillende kuns elemente insluit. Dit is goed ingewerk. Dit sluit ook die aktiwiteit in om' n 3D dieremasker te maak wat saam met die drama gebruik kan word.
Skeppende kunste

Graad 4 Skeppende Kunste (LV) kwartaal 3 werkboekie - Visuele Kunste + Uitvoerende Kunste
Description
Die leerdervriendelike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite gebaseer op die aangepaste ATP. Week 1-10 se inhoud is logies uiteengesit.Die werkboekie bevat ook 'n formele assessering wat gebruik kan word. Dit bevat nie 'n memorandum nie omdat daar van die leerder verwag word om hulle eie ervarings te deel. Die boekie is in PDF formaat. Dit is ook in Engels beskikbaar. Juffrou Anri Se Klaskamer